Hoërskool Zwartkop redenaars praat graag
Hoërskool Zwartkop redenaars praat graag! Hoërskool Zwartkop is trots op verskeie leerders wat pragtige uitslae behaal. In die Oppie-tong-af Redenaarskompetisie kry Roche Oberholzer 82%, Elri Joubert kry 86% en Alicia Middelton spog met ‘n punt van 89%. Na die afloop van die Radikale Redenaarskompetisie het Xander du Preez ‘n A+ behaal. Stephan Theron en Carla Hugo gaan die skool op nasionale vlak by die ATKV-Finaal op 17 Augustus te ATKV-Buffelspoort verteenwoordig.

Carla Hugo

Stephan Theron