HS Garsfontein netbalspelers ingesluit in die Top 35 spelers in SA
Twee van Garsies se netbalspelers, Anrike Combrink (o.18) en Mariné Lourens (o.17), is na afloop van die jaarlikse All Ages-kampioenskappe in Boksburg in die Top 35 spelers in hul ouderdomsgroep in Suid-Afrika ingesluit.
Combrink wat doel speel se span het ‘n silwermedalje tydens die kampioenskap verower, terwyl Lourens wat senter speel se span as o.17-kampioen gekroon is.

Anrike Combrink en Mariné Lourens