HS Garsfontein oudleerder gaan SA verteenwoordig by die UCI Wêreldkampioenskap
Die oud-Garsie Rimari Sutton (klas van 2018) gaan Suid-Afrika tydens die UCI Wêreldkampioenskap in Les Gets, Frankryk verteenwoordig. Sutton gaan in die XCO-afdeling (Olympic Cross-Country) deelneem. Sy was in 2017 en 2018 ‘n lid van die Garsie-span wat as kampioen van die Spur MTB-reeks gekroon was. Die UCI Wêreldkampioenskap vind van 23 tot 27 Augustus plaas.