Hoërskool Centurion se suksesvolle Cleopatra 2022
Cleopatra 2022 was op 4 Augusus gehou en dit was ‘n aand vir die boeke.Al die finaliste moes in pare ‘n dans opvoer, van “The greatest Showman” tot “Mamma Mia”. Die danse was van hoë gehalte en die gehoor het dit baie geniet. Die 20 finaliste moes loop in gemaklike kleredrag en in formele aanddrag. Smart Guy Centurion se pakke en rokke was asemrowend mooi. Hair Impressions het die meisies se hare en grimering geborg en hulle het pragtig gelyk. Die wenners is:
- Mnr. en Mej. Hoërskool Centurion:JJ van Zyl & Simoné Calitz.
- Eerste prins en prinses:Chrisjan Pienaar & Amé van Breda.
- Tweede prins en prinses:SW Botha & Lisa Traut.
- Fotokrediet: GB Jordaan