Die Hoërskool Menlopark gemengde koor aangewys as die beste in SA
Menlo-koor word aangewys as die beste gemengde skoolkoor in Suid-Afrika. Die Hoërskool Menlopark se koor is Saterdagaand by die finaal van die ATKV-Applous se finaal na die Kaapse ronde, in Stellenbosch aangewys as die beste gemengde skoolkoor in Suid-Afrika. Die eerste finaal het verlede Saterdagaand in Pretoria plaasgevind waar die Menlo-koor 90,92% gekry het. Hierdie Cum Laude was vir die uitsonderlik musikale optrede. Hulle het ook die prys ontvang vir die beste uitvoering van ‘n Afrika-werk.
Die eerste deel van die finaal is verlede Saterdag in Pretoria afgehandel met die tweede deel van die finaal hierdie afgelope Saterdag in Kaapstad. Die koorleiers, me. Jeanmari van Papendorp is al meer as 20 jaar aan die stuur en die koor het met hulle uitsonderlike repertorium die gehoor se asems weggeslaan. Kyk gerus na die prysuitdeling op hierdie skakel Die uitslae is as volg:
- Hoërskool Waterkloof (6)
- Hoërskool DF Malan (5)
- Helpmekaar Kollege (4)
- Hoërskool Durbanville (3)
- Newcastle High School (2)
- Die Hoërskool Menlopark (1)
Die Seunskore was as volg:
- Pretoria Boys High (3)
- Afrikaans Hoër Seunsskool (2)
- Paul Roos Gimnasium (1)
Die meisieskore was as volg
- Bloemhof meisies (3)
- AHMP (2)
- Hoërskool Stellenberg (1)
Skakel na die Afrika-lied.