Hoërskool Overkruin sport uitblinkers
Hoërskool Overkruin sport uitblinkers. 5 Van Hoërskool Overkruin se seuns word vir die Blou Bulle gekies. Luyolo Doyi, Aswen Rademeyer, Victory Akinwunmi, Bongwe Phiri en Liso Ndokweni. Geluk aan hierdie seuns ons is Trots op julle. Sterkte met die res van die rugbyseisoen.
Rugby
Die o. 16-span speel teen HTS John Vorster in die Stadsbekerfinaal en wen die wedstryd 24-13! Ons is ongelooflik trots op julle! Baie sterkte vir Saterdag se tuiswedstryd teen Hans Strijdom om 10:00 as deel van die Noordvaal-uitspeelwedstryde.
Baie geluk aan die o. 16-span wat in ‘n naelbytwedstryd 18-15 teen Hoërskool Hans Strijdom wen in die kwalifiserende rondte van die Noordvaalreeks. Hulle speel weer Saterdag tuis teen Potch Gimnasium in die kwarteind. Sterkte manne!
Dogtershokkie
Noordvaal-kwarteind vs Volksrust: o. 14A speel gelykop 2 – 2, verloor 3 – 2 in “8 second shootout”. Hierdie o. 14-span gaan dit nog vêr bring in die toekoms. Hulle is sowaar ‘n span om op trots te wees. Baie geluk Ovies!
Bokkieweek Netbal
Christene en Charlene Slabbert is onderskeidelik verkies tot die o.14-Noordtransvaal-Noord- en Noordtransvaal-Wesspan. Die twee spanne speel gedurende die semi-finaal teen mekaar. Na baie wedstryde eindig die Noordtransvaal-Noordspan tweede. Baie geluk julle! Ons is trots op julle!
Amoné Brits het gedurende die Julievakansie aan die AVS Bokkieweek in Kroonstad deelgeneem as o. 19-Noordtransvaal-Noordspeler. Die span was onoorwonne en het as wenner uit die stryd getree tussen 15 unies wat deelgeneem het. Sy was ook die kaptein. Amoné is ook verkies tot die o. 19- nasionale bokkiespan en is weereens as kaptein aangewys. Baie geluk, Amoné! Ons is trots op jou!