Hoërskool Garsfontein netbal onder voorste vyf in SA
Hoërskool Garsfontein se eerste netbalspan het homself uitstekend van sy taak tydens die DStv Challenge (voorheen SA Skole-kampioenskap) op die bane van Dr. EG Jansen in Boksburg gekwyt. Die Garsies kan met trots na afloop van die toernooi daarmee spog dat hy die vyfde beste span in Suid-Afrika is.
𝗚𝗮𝗿𝘀𝗶𝗲𝘀 𝘀𝗲 𝘀𝗽𝗮𝗻 𝘃𝗶𝗿 𝗱𝗶𝗲 𝘁𝗼𝗲𝗿𝗻𝗼𝗼𝗶 𝘄𝗮𝘀:
Anrike Combrink, Chané Kok, Charné de Villiers, Ianthé Fölscher, Karli Slabbert, Kayley Broodryk, Kristen Boshoff, Liané Jonck en Mariné Lourens.
𝗔𝗹 𝗱𝗶𝗲 𝘂𝗶𝘁𝘀𝗹𝗮𝗲: Groepwedstryde
Speel gelykop teen Hoërskool Sentraal 31-elk
Klop Oasis (55-7)
Klop Kgapamadi (52-5)
Klop Hoërskool Pietersburg (32-26)
Klop Weston (43-11)
Top 16-uitspele – klop Diamantveld (36-25)
Kwarteindronde – verloor teen Menlopark (22-25)
Uitspeelwedstryd (5/8) – klop Helpmekaar (25-24)
Uitspeelwedstryd (5/6) – klop Hoërskool Rustenburg (28-24)