Hoërskool Zwartkop-koor presteer weer
Hoërskool Zwartkop se skoolkoor het Saterdag 20 Augustus aan die Centurion Kunstefees deelgeneem by Midstream Ridge Primary. Hoërskool Centurion en Maranatha Christian School het saam met die Zwarries in die hoërskoolkore-afdeling deelgeneem. Die Zwarries het almal in die gehoor se harte aangeraak met hul program.
Hulle word beloon met ’n A++ (93%) en is ook aangewys as kategorie wenners. Baie geluk aan die Zwarries en mnr. Anton Pottas (afrigter en dirigent) met nog ’n uitsonderlike prestasie.