Zwarries kweek (slim) wenners
Die onderwysers van Hoërskool Zwartkop staan jaarliks verstom oor die ongelooflike punte wat die top 10 van elke graad in die skool behaal.
Dit is egter die algehele top 10 van die skool wat behoorlik spiere bult as dit kom by punte bymekaar maak.
Na afloop van die eksamen in die tweede kwartaal lyk die akademiese top 10 van die skool soos volg:
- Stephan Theron (graad 12) – 99.02% gemiddeld
- Karli Weinmann (graad 12) – 97,32% gemiddeld
- Jaylin Jooste (graad 9) – 96.33% gemiddeld
- Anri de Villiers (graad 10) – 96.24% gemiddeld
- Gazelle Jordaan (graad 12) – 96.1% gemiddeld
- Wian Koegelenberg (graad 9) – 95.54% gemiddeld
- Graham Smith (graad 12) – 95.43% gemiddeld
- Adriaan Venter (graad 8) – 95.33% gemiddeld
- Clara Oosthuizen (graad 12) – 95.09% gemiddeld
- Hanno Boot (graad 12) – 94.9% gemiddeld
Welgedaan aan hierdie leerders. Ons sien veral daarna uit om weer van hierdie graad 12’s se uitslae te lees in die media na afloop van die eindeksamen.

Voor vlnr: Clara Oosthuizen, Karli Weinmann, Jaylin Jooste, Anri de Villiers en Gazelle Jordaan.
Agter vlnr: Hanno Boot, Stephan Theron, Adriaan Venter, Graham Smith en Wian Koegelenberg.