Helpmekaar Kollege Tienertoneel het in die Augustus-vakansie gekook
Helpmekaar Kollege Tienertoneel het in die Augustus-vakansie gekook. Daar is aan 3 verskillende kompetisies deelgeneem:
Aardklop Pronkpodium
Detensie en Vlieërs is deel van die top 6 van PronkPodium. Detensie dring deur tot die finaal. Toekennings vir Detensie sluit in:
- Beste akteur: Ruan Botha
- Beste hantering van tegniese aspekte
- Beste tienerproduksie
- Beste algehele produksie van die fees (sluit laerskole, hoërskole en studente in)

Ruan Botha
ATKV-Tienertoneel Johannesburg-streek:
- Beste aktrise in ‘n ondersteunende rol: Mieke Swart (Dinge wat ek nie hardop kan sê nie)

Anika de Beer (reggiseur, Dinge wat ek nie hardop kan sê nie) en Mieke Swart (Beste aktrise in ‘n ondersteunende rol)
Pretoria-streek:
Bitterfontein dring deur tot die streeksfinaal. Toekennings vir Bitterfontein sluit in:
- Beste hantering van tegniese aspekte
- Beste klankoperateur : Luna White
- Beste beligtingsoperatuer: Megan Payne
Landsfinaal:
Dinge wat ek nie hardop kan sê nie – geskryf en regie deur Anika de Beer (‘n slegs leerderproduksie). Neem van 4 tot 9 Oktober in die Kaap deel. Slegs twee leerderproduksies is uitgenooi na die landsfinaal nl. Helpmekaar Kollege en Eldoraigne.
FAK-Allegretto Toneelfees
Drie Helpmekaar-stukke maak die top 6 vir die eerste streeksfinaal (uit 17 stukke); Detensie, Bitterfontein en Vlieërs. Vlieërs behaal ‘n tweede plek, met Noordheuwel se Vier vingers wat wen.
Toekennings sluit in:
- Beste klankontwerp: Vlieërs
- Beste beligting: Megan Payne vir Bitterfontein
- Beste klankoperateur: Chris van Niekerk vir Bitterfontein
- Beste hantering van tegniese aspekte: Bitterfontein
- Beste dekor en stelontwerp: Detensie
- Beste Ensamble: Detensie
- Beste manlike byspeler: Brendan Kruger (Detensie)
- Beste manlike hoofspeler: Ruan Botha (Detensie)
- Beste vroulike hoofspeler: Zonika de Vries (Vlieërs)
- Beste regisseur: Linda van Niekerk (Vlieërs)
Ons hou duimvas vir landsfinaal op 2 Oktober, wanneer die top 6 stukke by die Voortrekker Monument speel.