Noord-Suid Rugbytoernooi: AWSUM gesels met Helpmekaar Kollege se Afrigter
Hoor wat sê die afrigter JJ Pienaar van Helpmekaar Kollege wat die naweek aan die Noord-Suid rugbytoernooi gaan deelneem.
Wat kan die skool en ouers hierdie jaar te wagte wees van julle span? Helpmekaar gaan die jaar hul kragte wys en groot spanne kopsere gee. Die span het baie karakter en wys dit op die veld.
Waar sou jy sê lê julle krag hierdie jaar? In ons positiewe houding en die diep trots wat in elke seun lê.
Wat is die moeilikste aspek van `n skole afrigter se taak? Om teleurstellings aan kinders te verduidelik. Elke seun gee maar net sy bes.
Skole rugby word al hoe sterker, waarom sou jy sê is dit so? Ek dink die hoofrede is omdat daar meer aandag gegee word aan elke speler. ‘n Span word ook nie net meer afgerig met 1 of 2 afrigters nie. Dit is deesdae ‘n hele groep afrigters en elkeen het hul eie rol. Van afrigters, kondisionering, bestuurders, mediese personeel en ook kopdokters. Spanne word professioneel gehanteer.