Laerskool Randhart Super 12 Skaak
Ranties maak die regte skuiwe. Op 7 Mei het die Super 12-skaakkompetisie by Sol-Tech in Pretoria plaasgevind. Ons junior- en seniorspan het deelgeneem. Daar was altesaam 18 juniorspanne en 21 seniorspanne wat deelgeneem het. Ons juniorspan het ‘n sewende plek behaal en ons seniorspan het ‘n sesde plek behaal. Algeheel eindig Laerskool Randhart in die sewende plek.
Ons is trots op elke liewe Rantie wat ons naam hoog gehou het tydens die Super 12-kompetisie! Ons wil ook ons professionele afrigter, Devon, bedank vir al sy harde werk deur die loop van die eerste twee kwartale wat bygedra het tot ‘n suksesvolle dag.
Geskryf deur: Me. Swanepoel