Rugby liga Laerskool Randhart teen President Steyn
Rugby liga Laerskool Randhart teen President Steyn.Op Dinsdag 10 Mei het ons rugbyspanne teen die Steyne op hulle velde te staan gekom. Dit was ’n heerlike dag met elke wedstryd wat in puik gees gespeel was en die Randhartseuns wat uitstekende uitslae opgelewer het. Die tellings was as volg:
- 0/9A wen 34-0
- 0/9B wen 20-15
- 0/10A verloor 34-0
- 0/10B speel gelykop 15-15
- 0/11A wen 34-0
- 0/11B wen 34-0
Die 3de span verloor ongelukkig 19-12 en die 2de span wen 5-0. Die eerste span wen 22-12 in ’n klipharde wedstryd. Baie geluk aan al ons seuns en afrigters. Sterkte met volgende week se wedstryde teen Laerskool Helderkruin op hulle velde.

Ruan Mulder & Ivan Jordaan

Tatum Kers