Sport Erekleure vir Laer Volkskool leerders
Sport Erekleure vir Laer Volkskool leerders Atletiek: Die volgende leerlinge was in die Sarah Baartman atletiekspan opgeneem en het aan die Oos-Kaap Atletiekbyeenkoms deelgeneem. Hulle het hulle Half-Erekleure vir atletiek Maandag tydens saalbyeenkoms ontvang.
- Deidre Alberts
- JP Lombard
- Lee-Jon Blignaut
- Alecia Louw
- Angela Vorster

Alecia Louw

Angela Vorster

Deidre Alberts

JP Lombard

Lee Jon Blignaut
Tweekamp
Baie geluk aan Carlien Oosthuizen. Sy het in April die OP o.15 A-span by die SA’s verteenwoordig en haar Erekleure is Maandag tydens saalbyeenkoms aan haar oorhandig. Baie geluk aan Ancois Viljoen en JJ van Schalkwyk. Hulle het hul Half-Erekleure tydens Maandag se saalbyeenkoms ontvang. Albei hierdie leerlinge het op 5 Februarie 2022 die Oostelike Provinsie in Oudtshoorn verteenwoordig. Ancois Viljoen was ingesluit by die o.13 B-span en JJ van Schalkwyk by die o.8 A-span.

Carlien Oosthuizen

JJ van Schalkwyk

Ancois Viljoen
Tennis
Baie geluk aan Petrus Wolfaardt en Francois Naude wat hulle Erekleure Maandag tydens saalbyeenkoms ontvang het. Hulle was vir die Oos-Kaap o.13-Aloespan gekies en het aan die Interprovinsiale Kompetisie in Bloemfontein deelgeneem.

JJ van Schalkwyk

Ancois Viljoen