Dr. E.G Jansen eerstespan rugby – 2022
Hoërskool Dr. E.G Jansen speel 14 Mei teen Hoërskool Marais Viljoen. AWSUM gesels met Reghardt Botha, die afrigter van die eerstespan.
Wat kan die skool en ouers hierdie jaar te wagte wees van julle span?
Die seuns sal altyd hul beste gee en eer bring aan die eerstespan trui.
Waar sou jy sê lê julle krag hierdie jaar?
Ons probeer nie klem lê op `n spesifieke aspek nie. Ons uitgangspunt is om soveel moontlik af te merk en gebalanseerd te wees.
Wat is die moeilikste aspek van `n skole afrigter se taak?
Die liga waarin ons speel is baie uitdagend. Week in en week uit speel ons teen die beste in ons land. Ons spelers bly skoolseuns en nie professionele rugbyspelers nie.
Hier is die span: