Dr. E.G Jansen se eerstespan rugby -en netbalkaptein gesels
AWSUM gesels met Ryno van Aswegen, eerstespan rugbykaptein en Nadia Vosloo, eerstespan netbalkaptein.
Ryno van Aswegen
Wat is die hoogtepunt van jou rugbyloopbaan tot dusver en wat is die hoogtepunt van jou span se seisoen sover?
My hoogtepunt is om vir twee jaar in `n ry eerstespan te speel. Ons span se hoogtepunt is toe ons vir Glenwood 20 – 15 gewen het.
Hoe motiveer jy jou span?
Ek herinner hulle gereeld dat dit kan jou laaste game van jou lewe wees, so gee alles.
Wie is julle onderkaptein en hoe staan hy jou by?
Jaydon Bantam, hy ondersteun my baie op die veld.
Wat wil jul as `n span die jaar bereik? Wat sal jou trots maak?
Om die Beeld trofee terug te bring Jansen toe.
Wat is jou planne vir die toekoms?
Ek wil graag my rugby verder vat en Elektroniese Ingenieurswese gaan studeer.
Nadia Vosloo
Wat is die hoogtepunt van julle span se seisoen sover?
Vir ons bly dit `n hoogtepunt dat ons saam as `n span kan werk.
Hoe motiveer jy jou span?
Ek motiveer my span deur te fokus op wat ons goed doen en elkeen se sterkpunte aan hulle uit te wys.
Wie is julle onderkaptein en hoe staan sy jou by?
Danielle Vorster, sy help op die baan en tydens oefeninge.
Wat wil jul as `n span die jaar bereik? Wat sal jou trots maak?
Om goed te doen by die Gauteng Kampioenskappe.
Wat is jou planne vir die toekoms?
Ek wil graag vir Kovsies netbal speel en hoop om `n sportbeurs te kry.