Hoërskool Kempton Park debatspanne presteer
Vir die eerste keer in baie jare het Kempies twee spanne ingeskryf vir die nasionale wetenskapdebat, wat daarop gemik is om leerders se kritiese denkvaardighede te ontwikkel.
Elke span moes ‘n videogreep voorberei om die uitdagings van klimaatsverandering aan te spreek. Die gr 9-span se video is aangewys as een van die bestes in Gauteng, en Kempies is een van die top 10 spanne wat die komende naweek aan ‘n provinsiale werkswinkel en toernooi gaan deelneem. Kempies is voorwaar trots.

Voor: Chanté Janse van Rensburg en Bianca Oosthuizen.
Agter: Marco Deijs, Garth van Deventer en Jaden Groenewald.