Hoërskool Swellendam sport uitslae
Hoërskool Swellendam sport uitslae:
Rugby Teen Hoërskool Barrydale.
Hoërskool Swellendam se rugbyspanne het op 3 Mei rugbywedstryde teen Hoërskool Barrydale gespeel. Die resultate van elke wedstryd is as volg :
- Die o/15 en o/19 spanne het hul wedsrtyde gewen,maar die o/17 span het na ‘n tawwe wedstryd verloor.
- Dit was ‘n uitstekende dag vir Swellendam.
Swellies het gewys dat hulle nie onderskat moet word nie.
Rugby Teen Hoërskool Paarl Labori
Hoërskool Swellendam se rugbyspanne het op 7 Mei teen Hoërskool Labori gespeel. Die resultate van elke wedstryd is as volg: Die o/15 span wen hul wedstryd en die o/17 en o/19’s verloor. Dit was ‘n dag waar albei rugbyspanne baie harde lesse
geleer het. Albei spanne kan trots wees op hulself en weet dat hulle van hierdie seisoen ‘n sukses sal maak.
Ethan Verwey

BO:Die o/19 span in aksie)
Netbal Teen Barrydale
Op 4 Mei het ons netbalmeisies teen Barrydale gespeel. Opgewonde kon ons die dag eindig met nog ‘n reeks oorwinnings. Die o/19 A-span het gewen, die o/16 A-span het gewen. Die o/15’s het gewen en die o/14’s het teen Laerskool Swellendam se o/13’s gespeel en gewen. Baie geluk aan al die oorwinnings. Swellies julle slaag elke keer om ons trots te maak!
Netbal Teen Labori
Op 6 Mei met donker wolke in die lug was ons na skool inderhaas na die netbalbane om te kon speel voor dit begin om te reën. Gelukkig kan ons al die wedstryde teen Labori speel sonder ophou. Al ons netbalspanne het op dié dag gewen. Die o/14 A-span het gewen, die o/14 B-span het gewen en die o/14 C-span het gewen. Die o/15 A-span en die o/15 B-span het gewen. Die o/16 A-span het gewen en hul B-span het ook gewen. Die 18 B-span het gewen en die 1ste span het ‘n oorwinning behaal. Ons sê baie dankie aan al die spelers en afrigters vir al hul dryfkrag om die dag so lekker te maak.
Netbalproewe
Op Saterdag, 7 Mei het ‘n paar van ons skool se meisies deurgery Hermanus toe vir proewe. Hulle het almal lekker hard gespeel en die volgende spelers is deur na die volgende rondte; Jana Swart, Cay-leigh Windvogel, en Elske Burger. Ons wens julle baie sterkte toe vir die volgende rondte en glo julle sal ons baie trots maak.
Lana Gouws
Hokkie Teen Labori
Op 7 Mei het Swellendam teen Labori ‘n proef-interskole gespeel en Swellendam se hokkie het heeltemal oorheers. Die laerskool se o/13 A seuns hokkiespan het teen Labori se o/14 A hokkiespan gespeel en Swellendam het gewen. Die o/16 meisies het ‘n moeiliker wedstryd gehad en het die wedstryd gewen. Die o/16 seuns het weer oor hul kompetisie geloop en het die wedstryd gewen. Die eerstespan seuns het ‘n harde wedstryd gehad, met ‘n baie rowwe en fisiese eerste helfte, maar het die tweede helfte 2 vinnige doele na mekaar gekry en het toe die wedstryd gewen. Die meises het net sulke uitdagende wedstryde gehad, maar het in die tweede helfte ook twee vinnige doele aangeteken en wen toe die wedstryd ook.
Jan-Hendrik Engelbrecht