Hoërskool Swellendam redenaars uitslae
Hoërskool Swellendam redenaars uitslae: Woensdag, 27 April het Nina Houterman (senior voorbereid), Inge Swart (senior onvoorbereid), Mia Burger (senior voorbereid) en Jean Mouton (junior voorbereid), van Hoërskool Swellendam, aan die ATKV redenaars kompetisie in Outshoorn deelgeneem. Ons wag nog vir hul uitslae.
Op 13 April het Hoërskool Swellendam hul jaarlikse redenaars kompetisie gehad. Daar was vele uitstekende sprekers wat kom deelneem het.
Die senior wenners is as volg:
- 1. Inge Swart
- 2. Nina Houterman
- 3. Anné van Zyl.
Die junior wenners is as volg:
- 1. Nika Kruger
- 2. Jana Swart
- 3. Anine Dreyer.
Baie geluk aan hierdie 6 leerders!
Inge Swart