Hoërskool Hermanus netbalspeelsters gekies vir provinsialespan
Veels geluk aan Meray Langley en Gené Cornelius met hulle insluiting in die 2022 Wes-Kaap Netbalspanne! Meray gaan van 26 – 29 Junie aan die SA Skolenetbal (SASN) se All Ages toernooi by Hoërskool EG Jansen in Boksburg deelneem, en Gené gaan van 10 – 14 Julie aan die SA Skolenetbal (SASN) se O.17- en O.18-toernooi in Witbank deelneem. Hoërskool Hermanus hou hierdie twee kranige spelers se vordering dop!

Links: Meray Langley (Onder 15-Wes-Kaapspan) Regs: Gené Cornelius (Onder 17-Wes-Kaapspan)