Hoërskool Bredasdorp o.19-netbalspelers haal Topskole netbalspan
Baie geluk aan die Hoërskool Bredasdorp o.19-netbalspelers wat gekies is vir die volgende rondte Topskole Netbal. Hulle speel op 4 Junie in Kuilsrivier by Hoërskool De Kuilen. Ons is besonder trots op hierdie kranige netbalspelers en hul afrigter en wens hul baie sterkte toe.

Agter:Aliesha Odendaal (afrigter), Linke Krause, Somé Louw, Adéle Venter, Elmarie Vermeulen, Elza de Kock Voor: Faith Bogenhagen, Neesha Marais, Lara du Plessis, Anisha Jacobs, Domminique Mars