Applous vir Laerskool Bredasdorp redenaars
Op 25 Mei 2022 het die volgende Laerskool Bredasdorp leerders aan Zoetendal Akademie se Redenaars-kompetisie deelgeneem. Leslie-Ann Janse van Rensburg het 1ste plek behaal vir ‘n Graad 6 leerder. Janike van Wyk en Malienke van Wyk het onderskeidelik 2de plekke behaal vir Graad 5 en 7 leerders.

Agter: Malienke van Wyk, Daniel Fourie, Janike van Wyk Voor: Luca Rademeyer, Leslie-Ann Janse van Rensburg