HS Bredasdorp Redenaars
Hoërskool Bredasdorp se Helena Kriel kan haar sê, sê!
Hoërskool Bredasdorp is besonders trots op Helena Kriel, Gr. 10. Sy is gekies om in September in Gauteng aan die landsfinale van die Interskole Redenaarsliga haar woord gestand te gaan doen. Sy is een van slegs 16 Gr. 10-sprekers landwyd, waarvan slegs twee Wes-Kapenaars is (Bloemhof Hoër Meisieskool en Hoërskool Bredasdorp), wat gekies is vir die Redenaarsliga se Nasionale Rondte. Voorwaar ‘n puik prestasie!