Hoërskool Hermanus rugbyspelers ingesluit in Boland spanne
Hoërskool Hermanus rugbyspelers ingesluit in Boland spanne. Jeandre Overmeyer en Robert Nutt is gekies vir die Cravenweek onder 18 span, Ruan Higgs vir die onder 18 Akademieweek, en Conner van Tonder vir die Boland XV tal! Robert is ook aangewys as onderkaptein van die Cravenweek onder 18 span. Die Cravenweek vind hierdie vakansie plaas in Rondebosch, terwyl die Akademieweek en XV-week in Wellington plaasvind.

Connor van Tonder

Jeandre Overmeyer

Robert Nutt

Ruan Higgs