Bekende Afrikaanse sanger bring inspirerende boodskap aan Laerskool Overberg

Die bekende Afrikaanse sanger, Jo Black, het tydens ‘n saalbyeenkoms ‘n inspirerende boodskap vir die Klein Ovies gebring. Hy het o.a. gesê dat God geskenke soos respek, liefde, goedhartigheid, omgee vir die mens gegee het en dat die Klein Ovies daardie geskenke aan ander mense moet gee. Die praatjie deur Jo Black is deel van Laerskool Overberg se anti-bohelie veldtog. Sy optrede by die skool is moontlik gemaak deur Caledon Spar, RRB en mnr. Frikkie Lubbe.