Hoërskool Bredasdorp se Skopboksers verower medaljes
Hoërskool Leighton Ahrends (gr 8) en Brandon Edwards (gr 10) het, ter voorbereiding vir die Overberg Skopboks Kampioenskappe (Oktober 2022), op 18 Junie aan die Vibrant Wintercup Kickboxing Challenge 2022, in Ottery en Wynberg deelgeneem. Hulle het die Triple-D Marcial Arts Sentrum verteenwoordig.
Leighton het ‘n tweede plek in semi-kontak (point fighting) en ‘n derde plek in ligte kontak (continuous fighting) behaal. Brandon het ‘n tweede plek in die volkontak-afdeling (K1-kickboxing) behaal. Beide leerders het vir elke plek ‘n medalje ontvang. Baie geluk Leighton en Brandon! Ons hou styf duime vas vir goeie uitslae by die Overberg Kampioenskappe.

Ahrends Leighton

Edwards Brandon