HS Hopefield ruiters presteer by die Multi-dissiplinêre perdeskou
Multi-dissiplinêre perdeskou by Militêre Akademie
Emily Turner en Andrea Opperman het Saterdag met tipiese Hopefield-guts teen verskeie ander ruiters in die junior afdeling meegeding en uitstekend gevaar.
- Emily wen die Stapklas, Driegang Ruiterkuns asook die 1ste plek vir Beste Ruiter. Sy kry 2de plek in Beste Galop en 3de in die Beste Draf.
- Andrea kry 2de plekke in Beste Draf, Beste Driegang en 3de plekke in Beste Stap en Beste Galop.