Hoërskool Vredendal kwartaal 2 hoogtepunte
Hoërskool Vredendal kwartaal 2 hoogtepunte
Wes-Kaap 0.18 Netbalspan Yani Cloete is gekies vir die 0.18 Wes – Kaap netbalspan wat 10 – 15 Julie gaan netbal speel te Witbank. Baie trots op jou Yani!

Yani Cloete

Yani Cloete
Wes-Kaap Skaak vir twee Dallers!
Mea van Zyl en Legene Maletta het Saterdag 7 Mei vir Weskus verteenwoordig by die Wes-Kaap Skaakkampioenskappe te Mosselbaai. Mea van Zyl, behaal ‘n derde plek vir 0.15-Dogters en Legene Maletta is gekroon as die 0.18-Dogterskampioen by die Wes-Kaapse Skole Individuele Kampioenskappe. Die twee dogters gaan ook vir Wes-Kaap verteenwoordig 11 – 13 Julie te Goodwood. Legene sal in die 0.20 dogters afdeeling deelneem en Mea sal aan die 0.16 dogters afdeling deelneem. Baie Sterkte met julle voorbereiding vir die SA ope!

Legene (links) en Mea (regs)
Drie Dallers deur na finale Boland Rugbyproewe. Tumi Phoalana (0.18), Ewald Goosen (0.16) en Duncan Basson (0.16) het Dinsdag, 24 Mei teen WP finale proewe gespeel. Na afloop van die proewe is die finale spanne gekies, Ewald en Duncan is ingesluit in die Boland 0.16-Grant Khomo rugbyspan wat in Kimbery gaan deelneem die Junie vakansie. Sterkte manne!

boland finale proewe
0.15 DCAS Boland rugbyspan
Baie geluk Dillon Theron (links) en Willin Fransman (regs) wat gekies was om 3 – 5 Junie teen WP en SWD te speel. Die Bolandspan wen altwee hulle wedstryde

Dillon Theron (links) en Willin Fransman (regs)
Uitslae van Saterdag 28 Mei teen Augsburg Landbou Gimnasium.
Rugby
- 0.15a wen 29 – 15
- 0.17A verloor 5 – 35
- 0.19B wen 12 – 5
- 0.19A wen 24 – 19
Netbal
- 0.14A wen 21 – 18
- 0.14B wen 23 – 6
- 0.15A wen 30 – 12
- 0.15B wen 23 – 8
- 0.16A wen 17 – 9
- 0.16B verloor 11 – 17
- 0.19C wen 23 – 3
- 0.19B wen 11 – 7
- 0.19A wen 25 – 19
- 0.19A dogters Hokkie wen Longacers 11 – 0