Pomario Privaatskool is 10 jaar oud
Vrydag, 22 Julie, was ‘n baie spesiale dag by Pomario. Ons het fees gevier, omdat ons skool hierdie jaar 10 jaar oud is en omdat ons al 3 jaar lank in ons splinternuwe skoolgebou kan skoolgaan.
Juffrou Teresa Smit, ons eerste skoolhoof, het vir ons ‘n pragtige boom geskenk en kom plant op hierdie spesiale geleentheid. Met die muntlegging kon ons ‘n goeie bedrag munte (en selfs note) bymekaar maak om aan Ubuntu Crèche in Citrusdal te skenk. Ons is so dankbaar vir ons pragtige skoolgebou wat deurlopend net nog beter, groter en mooier gemaak word. Ons sou dit nie sonder die gemeenskap se ondersteuning kon doen nie.