Laerskool Olifantsvallei boogskuts presteer
Laerskool Olifantsvallei is baie trots op ons boogskiet skuts! Baie geluk aan Tylee Davids wat in die Wes-Kaap laerskool boogskiet span opgeneem is en wat in Oktober aan die SA’s gaan deelneem. Baie geluk ook aan Jana Hough wat ’n boog en pyle ontvang het, vir die mees belowende/opkomende skut in die Wes-Kaap.