Hoër Landbouskool Oakdale toutrek sorg vir ‘n Proteaspan
Tydens die SA-Toutrekkampioenskap wat op 18 en 19 Maart te Malmesbury plaasgevind het, het die Hoër Landbouskool Oakdale skoonskip gemaak deur in verskeie afdelings as wenners aangewys te word. Vanjaar se toutrekkampioenskap was gekenmerk deur ʼn rekordgetal inskrywings. Dit was die Oakdale-spanne, in hul kenmerkende blou truie en rooi kouse, wat vroeg reeds die oog gevang het met hul fiksheid, vasberadenheid en doelgerigte deelname. Die skool se toutrekafrigters verdien lof vir hul harde werk reeds vanaf September 2021.
Die hoogtepunt van die kompetisie was die oorwinning in die 560 kg-kompetisie. Die oorwinning in die 560 kg-afdeling beteken ook dat Oakdale weer die land as die Proteaspan gedurende September by die wêreldkampioenskap in Nederland gaan verteenwoordig.
Die uitslae was as volg:
400kg:
- Oakdale A – goud
440kg:
- Oakdale A – silwer
480kg:
- Oakdale A – goud
- Oakdale B – brons
520kg:
- Oakdale A – silwer
- Oakdale B – brons
560kg:
- Oakdale A – goud
600kg:
- Oakdale A – goud
- Oakdale B – brons

Die Oakdale 560kg span wat as Proteaspan aan die wêreldkampioenskappe in Nederland gaan deelneem.