Agtien Oakdale leerders ingesluit in WP jeugskouspan
Gedurende 1 & 2 April het 32 leerders van die Hoër Landbouskool Oakdale aan die WP-Jeugskou Kampioenskappe in Clanwilliam op Augsburg deelgeneem en puik prestasie behaal. Baie geluk aan die 18 leerders wat die WP-span in hul verskeie klasse behaal het. Hul gaan Wes-Kaap by die SA-kampioenskappe gedurende Oktober in Lichtenburg verteenwoordig. Uitslae was as volg:
Wolskaap Junior:
- Adriaan Conradie – Brons
Angora Senior:
- Henco Lategan – Goud
- JW Schutte – Brons
Boerbok Senior:
- Jurian van den Heever – Silwer
Vleisbees Junior:
- Gerdus Holtzhausen – Goud
- Heinrich Hesse – Brons
Vleisbees Senior:
- Theo Nel – Goud
- Handré Gerber – Brons
Kulinêr:
- Bian van As – Brons
Vleisskaap Senior:
- Margerinus Odendaal – Goud
- Pieter Steyn – Silwer
Vleisskaap Junior:
- Neël de Kock – Goud
Suiwel Junior:
- Hannes Schoeman – Goud
- Ivan Frances – Silwer
Suiwel Senior:
- Jaco van Deventer – Goud
- Joshua van der Poll – Silwer
- Dirk Duits – Brons
Afslaers:
- Henk Meyer – Silwer
- JW Schutte – Brons

Voor links na regs: Ivan Francis, Adriaan Conradie, Henco Lategan, Neël de Kock en Gerdus Holtzhausen. Ry 2 links na regs: Jaco van Deventer, Handré Gerber, Theo Nel, Dirk Duits en Hannes Schoeman. Ry 3 links na regs: Heinrich Hesse, Pieter Steyn, Joshua van der Poll, Bian van As en Mnr. Gerhard Holtzhausen. Ry 4 links na regs: Mnr. Willem du Buissson, Jurian van den Heever, Margerinus Odendaal, JW Schutte, Henk Meyer en Mnr. Fanus Fourie.