Langenhoven Gimnasium uitblinkers vir kwartaal 2
Langenhoven Gimnasium uitblinkers vir kwartaal 2:
Netbal
Die o.14A’s gaan die 4de Junie aan die Wes-Kaap Topskole-toernooi by Hoërskool De Kuilen in Kuilsrivier deelneem. Baie geluk aan Jeanie du Plessis, Arné Janse van Rensburg, Rouxlé van der Westhuizen, Mia van der Westhuizen en Alaina Sowden wat opgeneem is in die Eden Interdistrikte span. Keisha Oliphant is verkies tot die o.14 Wes-kaap span.

Arné Janse van Rensburg – o.17

Jeanie du Plessis – o.17

Mia van der Westhuizen – o.15

Rouxlé van der Westhuizen – o.16

Alaina Sowden – o.14

Keisha Oliphant
Rugby
Die Volgende 2 spelers is opgeneem in die SWD o.18 Akademie week span. Kamva Qusheka en Juan van Rooyen.

Juan van Rooyen

Kamva Qusheka
Skaak
Luzandri Kuyler en John-Wayne Petersen behaal die Eden skaakspan. Hulle het die afgelope naweek aan die Wes-kaap proewe in Mosselbaai deelneem en wen 4 uit 6 wedstryde. Die volgende proewe vir die Wes-kaap span is vanaf 27 – 29 Mei in Kaapstad.

John-Wayne Petersen

Luzandri Kuyler
Muurbal
Na afloop van die SA-Platteland Toernooi van 29 April 2022 – 2 Mei 2022, is twee van ons leerders vir die SA-Skole Platteland muurbalspan wat in die Junie-vakansie aan die SA-Skole kampioenskappe gaan deelneem, gekies. Joshlynn Pretorius is in die o.14-span en Wian Espach in die o.16-span opgeneem. Die Eden muurbalspan het die toernooi gewen.

Joshlynn Pretorius

Wian Espach
Tweekamp Te Gqeberha 1 – 2 APRIL 2022
- Mia Huggett – 7de plek
- Emma van der Westhuizen – 20 ste plek
- Elizma Huyser – 22 ste plek

Mia Hugget, Emma van der Westhuizen en Elizma Huyser
Fietsry
Louis Venter het vanaf 28 Maart in Kaapstad aan die SA-baankampioenskappe deelgeneem. Hy het ‘n bronsmedalje in die span-naelloopafdeling verower en ook n silwermedalje in “team persuit”.

Louis Venter
Tennis
Baie geluk aan Liebe Oosthuizen wat opgeneem is in die SA-Tennisspan. Ons is baie trots op haar en wens haar baie sterkte toe!

Liebé Oosthuizen