Hoërskool Outeniqua se 2022 Wear art vertoning
Hoërskool Outeniqua se 2022 Wear art vertoning het vir groot opwinding gesorg. Hierdie uitstalling van ons jong ontwerpers se werk kon die afgelope twee jaar nie aangebied word nie a.g.v COVID-19. Die 150 ontwerpers van graad 10 tot graad 12 se werk is deur 210 modelle vertoon en daar word ure se beplanning deur sketse en eksperimentering met materiale ingesit voordat dit produk vervaardig word. Die uitstalling maak deel uit van die ontwerpleerders se jaarpunte.
Deel van die program was die Kwagga Dansakademie se “street dance” item, wonderlike sang deur Lujah Diederichs en Monique Pretorius en die baie diep en interessante klanke van ons eie beatboxer, Donovan Lummis. Twee professionele, pragtige vertonings met uitstekende ontwerpe is gehou ten spyte van die beurtkrag en vir almal wat dit bygewoon het was dit ‘n ongelooflike ervaring!