HS Outeniqua leerder ontvang goud by Wetenskap ekspo
Wetenskap Ekspo – Jaco Jacobs (gr.11) het in Junie goud ontvang vir sy projek by die internasionale Global Youth and Technology Bowl. Dit is eerstens ’n groot eer om gekies te word vir hierdie kompetisie in Hongkong en om dan nog goud te ontvang is uitsonderlik. Dit het vanjaar aanlyn plaasgevind (a.g.v. COVID) en Jaco het deelgeneem in die kategorie vir Fisika en Inginieurswese. Sy projek is ’n geoutomatiseerde inflasie- en drukreguleerder vir ontspannings- en professionele fietsryers. Baie geluk Jaco, ons sien uit om te sien wat die toekoms vir jou inhou.