Laerskool George-Suid se gholf A-span vaar fantasties
Laerskool George-Suid se gholf A-span het fantasties gevaar tydens die Ernie Els Laerskoolkampioenskappe en ‘n derde plek verower. Hierdie toernooi se 10de uitgawe het op die 1ste en 2de Augustus by Oubaai Gholfklub plaasgevind en daar het 14 spanne deelgeneem.

Van links: Ross Els, Nico Pretorius, Wynand Roeloffze, Waldo Nienaber.