HS Robertson skaakspelers het aan die Wes-Kaap Skoletoernooi deelgeneem
Drie van ons skaakspelers het 6 tot 8 Mei aan die Wes-Kaap Skoletoernooi, in Mosselbaai, deelgeneem. Hulle het die volgende prestasies behaal:
- Hanno Bothma wen 3 wedstryde en speel een gelykop in die o.18-seunskategorie.
- Riëtte van Tonder wen 3 wedstryde in die o.18-dogterskategorie.
- Juané Buis wen 4 wedstryde in die o.15-dogterskategorie.
Baie geluk met hierdie prestasies!