Mnr. en Mej Hoërskool Robertson 2022
Ons jaarlikse Mnr. en Mej Hoërskool Robertson 2022 was weereens ‘n glansgeleentheid propvol skoonheid, styl en kreatiwiteit. Vanjaar se tema, “Through the Years”, het geensins teleurgestel nie. Die deelnemers, uit die onderskeie graadgroepe, het met hul uitrustings verskeie dekades uit die verlede voorgestel en die beoordelaars met hul besonder kreatiewe idees verras! Die aand was ‘n reuse sukses.