Laerskool Wynland Uiltjies laat oë rek met kragtoer
Laerskool Wynland Uiltjies laat oë rek met kragtoer
Die o.13A-rubgyspan van die Laerskool Wynland is besig om laerskolerugby in die Boland op sy kop te keer. Dié gedugte span het die eerste helfte van die seisoen met 17 oorwinnings, een gelykop uitlsag en slegs een nederlaag van 0-5 afgesluit. Laerskole soos Robertson, Augsburg, Vredenburg, Hopefield, Fanie Theron, Curro Hermanus, Montagu, Hendrik Louw en Stellenbosch moes al vanjaar die knie voor hulle buig. Die Stellenbossers was so beïndruk dat hulle die Uiltjies spesiaal genooi het om die hoofwedstryd by die skool se toernooi in Matieland te speel.
Die skool het maar eers in 2019 `n o.12-span in die veld gestoot en boonop vir twee jaar nie rugby gespeel nie, maar te oordeel aan die fees van drieë wat hulle opdis- en die telbord – lyk die Uiltjies glad nie soos groentjies nie. Om alles te kroon, het die skool tot dusver sewe Noord-Boland – spelers opgelewer en Vuyo Bvuma het in sy eerste o.13-rugbyjaar Boland Cravenweek speel en later ook Boland 7’s kleure verwerf.
Die Enigste teken dat hulle nie tradisioneel ‘n topskool in rugby is nie, is die afwesigheid van geborgde truie, sweetpakke en sakke, wat ‘n groot hupstoot vir die spelers se selfvertroue en span-eenheid sou kon weel Tog sê die skool wen is slegs ‘n bonus op laerskoolvlak, waar vaardighede nog ontwikkel word en kinders net hul sport moet geniet. Die skool se missie is om elke speler tot die beste weergawe van homself te help ontwikkel. Wynland wil só bydra tot afgeronde spelers wat die skool se waardes ook op hoërskoolvlak sal uitdra. Die afrigters, Ian Olivier, Cameron van der Wygen en Floris van Zyl, het al drie aan die Kaapse Skiereiland Universiteit vir Tegnologie in Wellington gestudeer en klubrugby gespeel. Van Zyl het ook vir die Boland o.20-span gespeel. ” Ons moes in ‘n baie kort tydjie die regte strukture opstel sowel as ‘n dinamiese program op die been bring om ons te help om ons ideaal so gou as moontlik te behaal.” vertel Olivier oor hul sukses. ”
Die strukture vir die jonger spelers is besig om vinnig reg te kom en ons is besig om hard aan ‘n gedeelde rugbykultuur met al ons spannetjies te bou.” Van Zyl sien op sy beurt om dat elke wedstryd met uitstekende regstreekse kommentaar gestroom word, sodat ouers en belangstellendes kan tred hou met die jongspan se vertonings. Die skool is verder trots op die kenmerkende kameraadskap wat op wedstryddae tussen spelers en afrigters heers, asook di etwee Wes-Kaap-atlete, vier Boand-krieketspelers, drie Wes-Kaap-netbalspelers en ‘n handvol Boland-Skaakspelers wat die skool opgelewer het sedert dit in 2019 laerskoolstatus verwerf het. Die skool staan tans pa die die geld wat nodig is om geen talentvolle speler agter te laat nie, maar hoop dat plaaslike ondernemings binnekort in sportontwikkeling by die skool sal belê. “Borgskappe is goed, maar osn soek eerder vennote wat saam met ons las inkoop in ons edeale om ons kinder se drome deur spot te kan verwesenlik.”
Source:Worcester Standard/ Article and image provided by Laerskool Wynland