HTS Drostdy o.16 netbalspeler haal SA-netbalspan
Dis vir ons ‘n groot voorreg om aan te kondig dat El-Jenique Jantjies na afloop van die All Ages Netbaltoernooi opgeneem is in die o.16 SA-netbalspan. Dis ‘n eerste in Drostdy se geskiedenis en ons is ongelooflik trots op haar. Baie geluk ook aan ons eerstespan afrigter, mev. Suanne Redelinghuys. Sy was tydens die toernooi die afrigter van die Cedersspan wat by die o.16-toernooi eerste geëindig het. Hulle het in die finaal gespeel teen El-Jenique se Willowsspan. Ons is baie opgewonde oor ons netbal en sien uit na die laaste deel van die seisoen.
