Laerskool Wynland se netbalspelers maak trots
Baie geluk aan Laché Haas en Marshanay van Wyk wat deel was van die Kaapse Wynland netbalspanne wat deelgeneem het aan ‘n toernooi wat plaasgevind het op 15 en 16 Julie. Beide hul spanne het goue medaljes by die toernooi verwerf. Laerskool Wynland is trots op julle!