Laerskool Gericke netbal nuus
Die volgende Laerskool Gericke dogters se verskeie netbalspanne het tydens die vakansie pragtig presteer:
- o.12 Caitlynn Overmeyer: Wynlandspan verwerf goud by die Wes-Kaap Inter-distrikstoernooi.
- o.13 Chelsey Davids: Kaapse Wynlandspan verwerf brons by die Wes-Kaap Inter-distrikstoernooi. Marí Wium: Wes-Kaap Netbalspan eindig vyfde by die SASN All Ages toernooi.
Ons is bitter trots op julle. Dankie dat julle Gericke se naam op die sportveld hoog hou. Baie geluk aan juffrou Maria-Lize Visser wat die afgelope vakansie haar NSA C+ gradering verwerf het by die TNC netbalkampioenskappe in Witbank.

Maria -Lize Visser

Netbal