[Onderhoud] Lané Barnard: o.19A hokkiekaptein van Paarl Gim
AWSUM het gesels met Liné Barnard, Paarl Gim se o.19A hokkiekaptein.
Wat is die hoogtepunt van julle span se seisoen sover?
Ons span se hoogtepunt sal vir seker die St Mary’s-toernooi wees wat vroëer die jaar plaasgevind het. Ons span het `n ongelooflike toernooi gehad en het baie goed gevaar. Ons hoogtepunt by die toernooi was om gelykop teen Eunice te speel wat ek `n oorwinning sal noem!
Hoe motiveer jy jou span?
Om altyd groot te droom en `n positiewe geestestoestand op en van die veld af te hê.
Wie is julle onderkaptein en hoe staan sy jou by?
My regterhand vir die laaste vyf jaar, Jana van Antwerpen. Nie net het ons vir vyf jaar in dieselfde skoolspan gespeel nie, maar vir vyf jaar is Jana die persoon wat altyd langs my sy is en my motiveer om my drome te bereik. Ons is `n uitstekende span en werk al vir jare lank saam en ons deel dieselfde liefde vir die sport.
Hoe is die samestelling van die span vir Interskole? Is daar enige beserings?
Ek sal sê ons span is uitgehonger vir `n Interskole-wedstryd, omdat daar vir 2 jaar nie Interskole was nie. Beseringsgewys sit ons met Lara Davids wat vroëer die jaar haar ligamente in haar knie geskeur het en ongelukkig uit is vir die res van die jaar. Ons backbone in die goalbox, Joanie Taljaard, het haar skouerligamente ook vroëer die jaar beseer en is ook ongelukkig uit vir die res van die jaar. As `n span staan ons saam en “back” die beserings in ons span en wens hulle `n spoedige herstel toe.
Wat wil jul as `n span die jaar bereik? Wat sal jou trots maak?
Ons het baie doelwitte aan die begin van die jaar vir onsself gestel en sover is ons “right on track.” Sjoe, ek gaan dit nou maar sê, maar wat my sal trots maak die jaar is om onder die Top 3 te eindig. Dit vind 4 – 8 Augustus in Bloemfontein plaas.
Klik hier vir die o.19A dogtershokkie spanfoto’s.
Lees die digitale weergawe van die AWSUM Interskole koerant aanlyn hier.