[Onderhoud] Liam Buys: o.19A hokkiekaptein van Paarl Gim
AWSUM het gesels met Liam Buys, Paarl Gim se o.19A hokkiekaptein.
Wat is die hoogtepunt van julle span se seisoen sover?
Ons hoogtepunt is toe ons die Fairmont-toernooi gewen het. Dit het `n sterk fondasie vir ons seisoen gelê en die prestasie het ons verwagtinge van die jaar se hokkie verhoog.
Hoe motiveer jy jou span?
Ons motiveer mekaar, dit is nie net een man se werk nie, maar voor `n wedstryd sal ek met hulle praat en ek sal bid om hulle rustig te maak.
Wie is julle onderkaptein en hoe staan hy jou by?
Louis du Piesanie. Hy staan altyd by my and I know he has my back. Ons het `n goeie verhouding en ek kon nie vir `n beter onderkaptein vra nie.
Hoe is die samestelling van die span vir Interskole? Is daar enige beserings?
Ons is baie dankbaar vir die genade van Bo dat ons nog geen beserings gehad het nie. Die span lyk nog die hele jaar dieselfde en ons gaan geen veranderings vir Interskole aanbring nie.
Wat wil jul as `n span die jaar bereik? Wat sal jou trots maak?
Ons wil net die beste hokkie speel wat ons kan speel, en dit geniet, dan sal die resultate vanself kom.
Wat is jou planne vir die toekoms?
Ek wil graag Argtitektuur en Ontwerp gaan studeer.
Klik hier vir die o.19A dogtershokkie spanfoto’s.
Lees die digitale weergawe van die AWSUM Interskole koerant aanlyn hier.