[Onderhoud] Zanke Nell: o.19A hokkiekaptein van HMS
AWSUM het gesels met Zanke Nell, HMS se o.19A hokkiekaptein.
Wat is die hoogtepunt van julle span se seisoen sover?
Die span maak ‘n hoogtepunt van enige ding, maar die oefenwedstryde teen die old girls het ons laat besef dat ons deel vorm van iets groters. Die kompeterende gees onder ou spanmaats en die samehorigheid wat dit bring, het my soveel geleer oor die mooi van sport.
Hoe motiveer jy jou span?
In ons span, is motivering is ‘n gedeelde poging. Ons floreer op mekaar se lewenslus en kan
saam diep delf as dit swaar gaan.
Wie is julle onderkaptein en hoe staan sy jou by?
Kelli McMahon. Van kamermaats in gr 8 tot mede-kapteine staan sy my by deur te deel in
opgewondenheid en saam die ure in te sit. Ons ouers verwys nog altyd na ons as “2 peas in a pod”!
Hoe is die samestelling van die span vir Interskole? Is daar enige beserings?
Ons samestelling bly onveranderd en ons span is jonk, fiks en vol veggees.
Wat wil jul as ‘n span die jaar bereik? Wat sal jou trots maak?
Ons mikpunt was om te groei as individue, as ‘n span en as hokkiespelers. Ek kan nie trotser wees op die groei wat ons reeds ervaar het nie en sien uit om te bou op die gees wat reeds tussen ons heers.
Wat is jou planne vir die toekoms?
Volgende jaar wil ek medies studeer en daarna wil ek verder reis, verder leer en verder die lewe ontdek.
Klik hier vir die o.19A dogtershokkie spanfoto’s.
Lees die digitale weergawe van die AWSUM Interskole koerant aanlyn hier.