[Onderhoud] Anrich Wessels: o.19A hokkiekaptein van HJS
AWSUM het gesels met Liam Buys, Paarl Gim se o.19A hokkiekaptein.
Wat is die hoogtepunt van julle span se seisoen sover?
`n Hoogtepunt hierdie jaar was om vir Wynberg te gewen het.
Hoe motiveer jy jou span?
Ek motiveer my span deur hulle te herinner aan watse talentvolle groep ons is en watter goeie dinge ons kan doen, en ook aan die trots om vir jou skool en geliefdes te speel.
Wie is julle onderkaptein en hoe staan hy jou by?
Ons het hierdie jaar twee onderkapteine gekies, Erwin Meyer en Marcus Mead. Ek kan altyd op hulle staatmaak om ook leiding ten alle tye te neem.
Hoe is die samestelling van die span vir Interskole? Is daar enige beserings?
Ons is hierdie jaar `n jong diverse span met twee graad 9’s en twee graad 10’s, ses matrieks en ses graad 11’s. Ons span het hierdie jaar net een verandering ondervind en daar is ook geen beserings nie.
Wat wil jul as `n span die jaar bereik? Wat sal jou trots maak?
Natuurlik is die einddoel om Interskole te wen, maar ook om in die top 10 hokkiespanne in die land te eindig. Dit sal `n groot prestasie wees en my ook `n trotse kaptein maak.
Wat is jou planne vir die toekoms?
Ek het nog nie vaste planne vir volgende jaar nie, maar ek wil graag by die Universiteit van Stellenbosch studeer.
Klik hier vir die o.19A HJS hokkie spanfoto’s.
Lees die digitale weergawe van die AWSUM Interskole koerant aanlyn hier.