[Onderhoud] Lize Rossouw: Eerstespan netbalkaptein van Paarl Gim
AWSUM het met Lize Rossouw, Paarl Gim se eerstespan netbalkaptein oor Interskole gesels.
Wat is die hoogtepunt van julle span se seisoen sover?
Een van ons hoogetpunte die jaar was toe ons vir Bloemhof gewen het.
Hoe motiveer jy jou span?
Ek probeer hulle motiveer deur te hulle te herinner dat ons enigiets kan doen as ons koppe reg ingestel is en dat ons mooi moet fokus en ook wanneer ons opwarm, moet ons heeltyd met mekaar praat en kommunikeer, sodat ons op ons gemak is as ons op die baan uitdraf.
Wie is julle onderkaptein en hoe staan sy jou by?
Zahn Greyling, Ek dink ons komplimenteer mekaar baie goed en vul mekaar aan, want ons manier van dink is baie dieselfde.
Hoe is die samestelling van die span vir Interskole? Is daar enige beserings?
Daar is geen beserings nie en ons dank die Here daarvoor. Ons span bestaan net uit `n matriekspan.
Wat wil jul as `n span die jaar bereik? Wat sal jou trots maak?
Ons as span wil graag net die seisoen nou goed afsluit. Ons wil elke wedstryd wat ons nou speel voel dat ons als gegee het en ons harte op die baan gelos het.
Wat is jou planne vir die toekoms?
Ek wil by die Stellenbosch Universiteit gaan studeen en hopelik vir Maties netbal speel. Ek is nog onseker oor wat ek gaan swot, maar verseker in `n biologie-rigting.
Lees die digitale weergawe van die AWSUM Interskole koerant aanlyn hier.