Paarl Interskole: Paarl Gim o.19A Rugbyspan
Kom ondersteun die eerstespan rugby Saterdag 30 Julie om 16:00 op Faure straat.
AWSUM het met hulle afrigter, Pieter Rossouw gesels.
Wat kan die skool en ouers hierdie interskole van julle span te wagte wees?
Die laaste Interskole was in 2019 gewees en die seuns sien verskriklik uit om weer Interskole te speel. Die skool en ouers kan ‘n 120%-poging van die seuns verwag.
Waar sou jy sê lê julle krag hierdie jaar?
Ons het baie beserings die seisoen gehad, daarom sou ek sê lê ons krag in die samespel van die seuns wat ons deur die seisoen gedra het.
Wat is die moeilikste aspek van `n skole-afrigter se taak?
Om seuns en ouers se verwagtinge en teleurstellings te bestuur.
Skole rugby word al hoe meer professioneel, hoe bly mens voor die kompetisie?
Om rugbywedstryde te wen is belangrik, maar om op die regte manier te wen is belangriker. Ons probeer bybly by die nuwe “trends” in rugby, maar om slimmer te werk is baie keer beter as om harder te werk.
Hier is die 0.19A rugbyspan van Paarl Gimnasium:
Lees die digitale weergawe van die AWSUM Interskole koerant aanlyn hier.