Paarl Interskole: HJS o.19A Rugbyspan
Kom ondersteun die eerstespan rugby Saterdag 30 Julie om 16:00 op Faure straat.
AWSUM het met hulle afrigter, Sean Erasmus gesels.
Wat kan die skool en ouers hierdie interskole van julle span te wagte wees?
Ek dink die belangrikste is dat ons die rugby speel wat ons sover die heel seisoen speel en dit is opwindende hardlooprugby en om die bal `n bietjie lug te gee.
Waar sou jy sê lê julle krag hierdie jaar?
Ons krag lê in ons eenheid as ‘n span en hoe ons saamspeel as ‘n groep.
Wat is die moeilikste aspek van `n skole afrigter se taak?
Ek dink dit bly maar altyd moeilik om almal tevrede te hou. Om die beste vir die seuns te doen bly altyd die prioriteit.
Skole rugby word al hoe meer professioneel, hoe bly mens voor die kompetisie?
Ek dink dit bly ‘n goeie spanpoging en dis belangrik om ‘n goeie span te hê. Ons het ‘n baie goeie span van bo tot onder, goeie personeel en goeie seuns. Strukture is besig om in plek te val wat baie belangrik is en dis belangrik om seker te maak dat jy voorbly met al die beplanning.
Hier is die 0.19A rugbyspan van Hoër Jongenskool Paarl:
Lees die digitale weergawe van die AWSUM Interskole koerant aanlyn hier.