HS Strand Gholf
Ons gholfspelers het vanaf 7 tot 10 Mei aan die KeNako Skole Gholftoernooi gaan deelneem. Hulle het gholf op uitstekende bane soos Kingswood, Oubaai en Mosselbaai gespeel. Die seuns het die gholf baie geniet en waardevolle ondervind en ervaring opgedoen. Beide spanne het hulle goed van hulle taak gekwyt. Dante Pelser het algeheel sesde geëindig, Christian de Jager sewende en Cloete de Jager agtste. Baie geluk aan hierdie seuns.
Ons bedank graag vir Strand Gholfklub vir die borg van die seuns se klere, en die afrigting wat hulle by die Klub ontvang. Ons weet dit gaan in die toekoms ‘n reuse verskil maak.